Resepteboek
Resepteboek
Couldn't load pickup availability
‘n Persoonlike Afrikaanse Resepteboek saamgestel uit vriendinne, Oumas, Mammas en en al daai smullekker Pinterest resepte om jou ‘n bobaas kok te maak. Die Resepteboek is die ideale geskenk vir ‘n kombuistee waar al die geliefdes hulle gunsteling resepte in hul eie handskrif vir die bruid kan neerskryf. Daar is tot ‘n lekker plek vir notas, hetsy ‘n mooi briefie van gelukwensing of om daai geheime ekstra bestanddele en metodes te deel wat die resep so ‘n treffer maak.
Die resepteboek sluit die volgende in:
- 'n Hardeband voorblad ontwerp van jou keuse met die opsie om jou naam op te sit.
- 'n Kombuis omskakelings tabel vir al die wonderlike Pinterest resepte.
- 'n Indeks om die resepte vinnig op te spoor met hul ooreenstemmende bladsy nommers.
- 240 bladsye vir 240 resepte, gedruk op gladde 120gsm papier om deurslaan van pen ink te voorkom.
- 7 plastiek afskortings wat maklik af gevee kan word met al die bak en brou in die kombuis. Die afskorting kan verwyder word en in die resepteboek geskuif word. Jy kan besluit watter kategorieë die resepteboek in op gedeel moet word en hoeveel resepte in elke afdeling geskryf kan word.
- Die resepteboek kom met kategorie etikette vir die plastiek afskortings om jou resepteboek in afdelings in op te deel.
* Voorblad kleure kan verskil van monitor na gedrukte eindproduk.

























